Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition) By Jaco Hough-Coetzee

Summary Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition)

Van

Baie goeie boek. Baie erg om te dink dat dit op die waarheid gebasseer is. Siek plek waarin ons woon. Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition)

As 16-jarigevlug Engela na Bloemfontein, want die leier van die Sataniese Groep 13 wil haar doodmaak. Haar paaie kruis met dié van Pieter, vriend van haar broer, wat haar aan bordeel-eienaar uitlewer as betaling vir die geld wat hy hom skuld. Na haglike en armoedige kinderlewe raak Engela as rebelse tiener deurmekaar met Satanisme, drank en dwelms en word uiteindelik as seksslaaf aangehou. Haar enigste begeerte is om te ontsnap, maar hoe? Elke aand word die klub se deure dig gesluit. Haar laaste kans op vryheid is die jong student, Jacques, wat in die ontvangslokaal van die klub werk. Maar dan verdwyn hy ook uit die prentjie na raaiselagtige ongeluk in die Drakensberge. Van Skoolbank tot Bordeelbed is spanningsroman deur Jaco Hough-Coetzee, gebaseer op die aangrypende lewensverhaal van Elanie Kruger. In die tweede gedeelte van die boek gesels Elanie self met die leser oor haar bittere ervarings. Sy vertel hoe sy haar gevoelens van verlorendheid, alleenheid, pyn en vernedering vanuit Christelike perspektief leer hanteer het. Sy reik uit na ander gewese seksslagoffers en moedig hulle aan om hul harte uit te stort om emosionele genesing mee te bring. Sy praat oor die krag van vergifnis en aanvaarding, en gee ook lewensbelangrike praktiese wenke aan ouers en kinders. Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition)

Dit het nogal my oe oopgemaak vir 'n heel ander wereld as waarvan ek bewus was. Hoe op dees aarde hou mens jou kinders veilig waar dit lyk asof preditors die oorhand het? Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition) 'n Boek wat elke ouer moet deurworstel om te kyk hoe jy jou kinders hanteer! Hartverskeurend dat enige mens so behandel kan word. Maar die wonder van genade en heel word staan sterk. so baie respek vir die verteller, wat haar baie slegte ervarings gebruik om ander stukkende mense op te soek en te help red. Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition) Elke dag staan jy op, gaan werk, kom huis toe. Oor naweke ontspan jy en geniet die vrye tyd. Dis vanselfsprekend. Van skoolbank tot bordeelbed se storie is ondenkbaar. Mens kan nie... nee, kom ons wees eerlik: mens wil nie glo mense handel is 'n donker realiteit nie. Maar dit is.

Dankie aan Engela wat die moed gehad het om op te staan - nie net vir haarself nie, maar vir alle ander in dieselfde skoene.

Die enigste rede hoekom die boek net 4 sterre kry, is omdat die storie geëindig het waar sy gered is. Mens sou graag wou weet wat het met die klub eienaars gebeur... met Pieter... met Groep 13. Mense moet weet dat die skuldiges tog soms aan die pen ry. Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition) I read the English version of this book (not available on goodreads). This book really opens your eyes to the dark world of human trafficking. The only reason for 4 stars is that I found her writing a bit stilted but otherwise a good recommended read! Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition) Wow!
'n Boek wat my nog baie lank sal bybly.
Elanie is net 'n jaar jonger as wat ek is, en ek kan myself nie voorstel hoe haar lewe moes gewees het op daardie ouderdom nie.

Terwyl ek warm geslaap het, omvou met liefde in my middelklas huis, het sy horrors beleef. As ek nou terugdink, raak ek skaam dat ek partykeer gemoan het oor die dinge wat my ouers nie kon gee nie.

Solank jy liefde en omgee kry as kind, is die res net 'n bonus! Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition)